Daar is drie verskillende maniere hoe n virus kan versprei:
·Deur verwyderbare media bv ‘n geheuestokkie
·Deur aflaaiing van programme op die internet en
·Deur sekere E-Pos aanhangsels
‘n Rekenaar virus is n “malware” program wat homself verdubbel deur van homself kopieë te maak en in ander programme, leêrs en die “boot sector” op die hardeskyf gaan skuil. As hierdie virus suksesvol is, het hy n effek op al hierdie programme. Dit het n skadelike effek op die rekenaar wat veroorsaak dat die hardeskyf se spasie opgevreet word en die CPU word stadiger. Hierdie virus bekom private informasie, dit verdorwe die data, wys Politiese en humoristiese boodskappe op die skerm en “spam” jou kontakte. Jy verloor ook inligting.
Alle viruse is nie skadelik nie, maar kan ook programme installeer sonder jou toestemming.
Virusse en anti-virus programme word gewoonlik deur dieselfde mense geskryf. Die virus-skeppers verkoop sy antivirus-program om geld te maak. Rekenaar-virusse veroorsaak biljoene dollars se skade per jaar. Die bedryfstelsel wat die meeste aangeval word is Microsoft Windows.
‘n Gepaste straf vir Virus-skeppers is 2 jaar gevangenisstraf.
Hoe kan ek verspreiding van virusse voorkom?
·Skandeer alle programme en leers as jy n verwyderbare hardeskyf insit
·Skandeer eers jou epos voor jy enige van die aanhangsels oopmaak.
·Dateer jou antivirus gereeld op.
·Skandeer ook eers al die programme wat jy van die internet aflaai voordat jy dit oopmaak en gebruik.
·Moet nie vir iemand anders programme gee met virusse op nie.
·Maak daaglikse skanderings om te kyk of daar virusse op jou rekenaar is.
·Sit die “autorun” funksie af want meeste virusse installeer saam die “autorun” funksie.